Studente wat hulle wil bekwaam vir die bediening binne die Gereformeerde Kerke in SA, moet die BDiv, MDiv en die finalejaars-kwalifikasie(wat nog bekendgemaak sal word) voltooi.
BDiv (Voltyds op Potchefstroom en Afstand)
Kode: 3BC K01 T401P
Jaarboek
Duur van studie:
Die minimum duur van die studietydperk vir hierdie kwalifikasie is voltyds vier jaar. Die maksimum tydperk is ses jaar met die veronderstelling dat student aansoek doen vir 'n verlenging van die studietydperk in ooreenstemming met die Algemene Akademiese Reëls (A.1.14 & A.1.17).
Toelatingsvereistes vir die kwalifikasie
Volgens die Akademiese Reëls van die Universiteit word die toelatingsvereistes vir alle formele kwalifikasies wat by die Universiteit aangebied word, uiteengesit in die Toelatingsbeleid soos goedgekeur deur die Senaat en die Raad van die Universiteit. Dit beteken dat alle skooleindesertifikate ge-endosseer moet word om aan te dui dat die minimum wetsvereistes nagekom is om toelating tot B-graad studies by 'n Universiteit te verkry. Die Fakulteit behou egter die reg om verdere sifting toe te pas welke resultate gebruik sal word om aansoeke vir toelating van kandidate te oorweeg.
Kurrikulum-uitkomste:
a) Rus graadstudente toe met ’n uitgebreide kennisbasis, analitiese en interpretatiewe vaardighede om sodoende sistematiese nadenke, kritiese en geldige vertolking en redenasies oor die gevestigde tegnieke wat relevant is aan die onderskeie dissiplines te lei;
b) Gedetailleerde kennis samehangend en doeltreffend in goedgeformuleerde redenasies te kommunikeer aan individue en 'n wye verskeidenheid gehore.
c) Om oor die vermoë te beskik om inligting te kommunikeer in die vorm van 'n geskrewe navorsingsverslag wat gevorderde akademiese diskoerse benut, gebaseer op die ondervraging van veelvoudige bronne, asook die vaardigheid om probleme op te los en onafhanklik en met integriteit te bestuur en goedontwikkelde prosesse in analise, sintese en evaluering toe te pas.
MDiv (Slegs voltyds op Potchefstroom)
Kode: 3CE Q01 T801P
Jaarboek
Duur van studie:
Die duur van die studie is een jaar voltyds.
Toelatingsvereistes vir die kwalifikasie
Die toelatingsvereistes vir alle formele akademiese kwalifikasies wat deur die Universiteit aangebied word, is uiteengesit in die Toelatingsbeleid soos goedgekeur deur die Senaat en die Raad. Bykomend tot hierdie algemene toelatingsvereistes geld die volgende:
a) ’n Student moet in besit wees van ’n Hons BTh-graad of gelykwaardige kwalifikasie;
b) ’n Student moet voor die aanvang van die studie by die Programbestuurder MDiv op die voorgeskrewe vorm aansoek doen om keuring.
Programuitkomste:
Die student moet in staat wees om, op grond van gevorderde toegepaste onderrigleer in die Christelike Teologie:
a) professioneel effektief te funksioneer in die volgende: die geldige verklaring en toepassing van die Bybel (met hulpmiddels), kerklike bediening, pastorale berading, etiese oriëntering en waardevestiging, gemeenskaps- ontwikkeling
b) ‘n professionele portefeulje saam te stel of ’n verhandeling in ’n goeie akademiese styl te skryf
c) in ‘n multikulturele en internasionale konteks te funksioneer
d) te registreer vir die MTh of die MA.