Nagraadse Fakulteitsbeurs

A. Honneurs Fakulteitsbeurs

Die Fakulteit Teologie het 'n inisiatief geloods om Honneursbeurse binne die Fakulteit Teologie toe te ken aan ons huidige finalejaar graduerende en kwalifiserende voorgraadse studente wat ook belangstel om 'n Meesters- en PhD-graad binne die Fakulteit Teologie aan die Noordwes-Universiteit te doen. Hierdie beursskema het ten doel om finansiële ondersteuning te bied aan belowende nagraadse studente binne die Fakulteit Teologie, wat nie tersiêre opleiding kan bekostig nie en om erkenning te gee aan jou as een van ons studente wat akademies baie goed presteer.

Hierdie Fakulteitshonsbeurse (FHB) dek die volle klasgeld van 'n eenjarige Honsgraad binne die Fakulteit en is slegs een keer geldig. Die Hons-graad moet in 'n grasietydperk van een jaar voltooi word.

Die minimum gemiddeld om vir 'n FHB te kwalifiseer is 'n gemiddeld van minstens 65% in 'n aansoeker se finale jaar van voorgraadse studie.

Met inagneming van bogenoemde, moet die volgende prosedure gevolg word:

Slegs voornemende, kwalifiserende Hons-studente kan vir 'n FHB aansoek doen deur die FHB-aansoekvorm te voltooi. Hierdie voltooide dokument tesame met die vereiste dokumentasie moet voor 10 Januarie 2025 aan facultybursary@nwu.ac.za teruggestuur word. Geen laat aansoeke sal aanvaar word nie. Onvolledige aansoekvorms sal as ongeldig beskou word en sal nie oorweeg word nie.

Die Fakulteitsbeurskomitee sal voor die einde van Januarie 2025 vergader om die ontvangde beursaansoeke aan te spreek.

Studente wat FHB's ontvang sal dienooreenkomstig in kennis gestel word.

Die beursbedrag is terugbetaalbaar indien 'n student versuim om aan enige van die onderstaande voorwaardes te voldoen:

  • Beëindig studies.
  • Voltooi nie die kursus binne die voorgeskrewe tydperk van een jaar nie.

Die Universiteit bied ook NWU Hons-beurse aan.

Vir die FHB-aansoek vorm, klik asseblief hier.

Vir meer inligting oor hierdie beurse, klik asseblief hier.

 

B. Meesters/Doktorale Fakulteitsbeurs

Kwalifiserende en belangstellende Meesters/Doktorale studente van die Fakulteit Teologie moet die volgende dokumentasie indien as deel van die aansoekproses:

  1. Nuwe inskrywings (Eerstejaar Meesters/Doktorale studente):
  • Fakulteitsbeursaansoekvorm.
  • Toelatingsbrief ontvang van die fakulteit.
  • ʼn Brief (maksimum 1 bladsy) waarin u aandui dat u aansoek doen vir die beurs. Die volgende inligting moet in die brief aangedui word: voorletters, van, naam van studieleier/promotor (of potensiële studieleier of promotor), die kwalifikasie waarvoor u ingeskryf is / beplan om voor in te skryf, ʼn erkenning dat die student ingeskryf is as ʼn voltydse student, die werkstitel van die MA- of PhD-projek, die jaar waarin die studie is en motivering vir die aansoek.

 

  1. Vorderingsbeurs (Tweedejaar nagraadse studente en verder):
  • Fakulteitsbeursaansoekvorm.
  • ʼn Vorderingsverslag wat deur u studieleier voltooi moet word, wat u vordering ten opsigte van die beplande indieningsdatum of die persentasie van voltooiing aandui. Onthou asseblief dat dit die verantwoordelikheid van die aansoeker bly om te verseker dat hierdie dokument aan die Beursadministrateur gestuur word.
  • U navorsingsvoorstel (die mees onlangse weergawe van die voorstel met ʼn aanduiding of die voorstel reeds deur die Komitee vir Gevorderde Grade aanvaar is) of ʼn konsepvoorstel (maksimum van 3 bladsye met inligting oor die werkstitel van die studie, ʼn kort paragrafie wat die probleem van die studie kontekstualiseer, die probleem waarop die studie wil fokus, die navorsingsvrae en -metodes wat u beplan om te gebruik om inligting te kry om die navorsingsvrae te beantwoord en ʼn KORT en GESELEKTEERDE bibliografie).
  • ʼn NWU akademiese rekord moet saam met bogenoemde dokumentasie ingehandig word.
  • ʼn Motiveringsbrief wat aandui waarom u vir die beurs aansoek doen, moet u aansoek vergesel indien dit die eerste keer is dat u vir die Vorderingsbeurs aansoek doen.

 

 Reëlings vir die administrasie van die beurs

1.1 Aansoeke moet elektronies by die Fakulteitsbeursadministrateur ingedien word via die e-posadres: facultybursary@nwu.ac.za

1.2 Aansoeke wat aan die toelatingskriteria voldoen, sal by die Fakulteitsbeurskomitee ingedien word.

1.3 Indien u aansoek goedgekeur word deur die Komitee, moet die volgende dokumentasie ingedien word by die Fakulteitsbeursadministrateur:

  • U bewys van registrasie.
  • Die ondertekende verklaring waarin u die beurs, die beursbepalings en -voorwaardes aanvaar.

 

Skakel na dokumentasie: