Meesters/Doktorale Fakulteitsbeurs

Kwalifiserende en belangstellende Meesters/Doktorale studente van die Fakulteit Teologie moet die volgende dokumentasie indien as deel van die aansoekproses:

  1. Nuwe inskrywings (Eerstejaar Meesters/Doktorale studente):
  • Fakulteitsbeursaansoekvorm.
  • Toelatingsbrief ontvang van die fakulteit.
  • ʼn Brief (maksimum 1 bladsy) waarin u aandui dat u aansoek doen vir die beurs. Die volgende inligting moet in die brief aangedui word: voorletters, van, naam van studieleier/promotor (of potensiële studieleier of promotor), die kwalifikasie waarvoor u ingeskryf is / beplan om voor in te skryf, ʼn erkenning dat die student ingeskryf is as ʼn voltydse student, die werkstitel van die MA- of PhD-projek, die jaar waarin die studie is en motivering vir die aansoek.

 

  1. Vorderingsbeurs (Tweedejaar nagraadse studente en verder):
  • Fakulteitsbeursaansoekvorm.
  • ʼn Vorderingsverslag wat deur u studieleier voltooi moet word, wat u vordering ten opsigte van die beplande indieningsdatum of die persentasie van voltooiing aandui. Onthou asseblief dat dit die verantwoordelikheid van die aansoeker bly om te verseker dat hierdie dokument aan die Beursadministrateur gestuur word.
  • U navorsingsvoorstel (die mees onlangse weergawe van die voorstel met ʼn aanduiding of die voorstel reeds deur die Komitee vir Gevorderde Grade aanvaar is) of ʼn konsepvoorstel (maksimum van 3 bladsye met inligting oor die werkstitel van die studie, ʼn kort paragrafie wat die probleem van die studie kontekstualiseer, die probleem waarop die studie wil fokus, die navorsingsvrae en -metodes wat u beplan om te gebruik om inligting te kry om die navorsingsvrae te beantwoord en ʼn KORT en GESELEKTEERDE bibliografie).
  • ʼn NWU akademiese rekord moet saam met bogenoemde dokumentasie ingehandig word.
  • ʼn Motiveringsbrief wat aandui waarom u vir die beurs aansoek doen, moet u aansoek vergesel indien dit die eerste keer is dat u vir die Vorderingsbeurs aansoek doen.

 

 Reëlings vir die administrasie van die beurs

1.1 Aansoeke moet elektronies by die Fakulteitsbeursadministrateur ingedien word via die e-posadres: facultybursary@nwu.ac.za

1.2 Aansoeke wat aan die toelatingskriteria voldoen, sal by die Fakulteitsbeurskomitee ingedien word.

1.3 Indien u aansoek goedgekeur word deur die Komitee, moet die volgende dokumentasie ingedien word by die Fakulteitsbeursadministrateur:

  • U bewys van registrasie.
  • Die ondertekende verklaring waarin u die beurs, die beursbepalings en -voorwaardes aanvaar.

 

Skakel na dokumentasie: (*die dokumente is net beskikbaar in Engels)