NAGRAADSE STUDENTE SE 
AKADEMIESE LEWENSSIKLUS:
Fase 3: Indiening

 

Hoofstukke

Na titelregistrasie, dien die student hoofstuk na hoofstuk in by die studieleier/promotor. Nadat alle moontlike kommentaar van die studieleier/promotor van 'n hoofstuk bevredigend ingewerk is, kan die student voortgaan met die volgende hoofstuk.

'n PhD-student moet 'n artikel op grond van sy/haar proefskrif voorberei en indien vir publikasie by 'n geakkrediteerde tydskrif.

'n M-student word ook aangemoedig om 'n artikel op grond van die skripsie/verhandeling, saam met die studieleier vir publikasie in te dien by 'n geakkrediteerde tydskrif.

 

Belangrike dokumente:

Nagraadse MS Word-templaat

 

Hoërgrade-administrasie (HDA)

Kennis van Indiening

Kennis van die voorneme om vir eksaminering in te dien, moet minstens drie maande voor indiening aan HDA gegee word.

NOS kan gedoen word via die NWU DIY-portaal of deur 'n NOS-dokument in te vul en aan HDA te stuur met aandag aan Nauma Blom, Nauma.Blom@nwu.ac.za, ons fakulteitsadviseur by HDA.

Die fakulteit neem ook kennis van 'n NOS en maak seker dat die student steeds vir die huidige jaar geregistreer is, dat die student se titel geregistreer is en dat die student se eksaminatore goedgekeur is.
 

Belangrike Dokument:

Kennis van Indiening

 

Indiening

Die hele eksamenproses word deur die Hoërgrade-administrasie (HDA), in oorleg met die fakulteit, geadministreer. Die student en die studieleier/promotor is nie by hierdie proses betrokke nie.

 

'n Elektroniese weergawe van 'n student se tesis/verhandeling moet verkieslik op eFundi opgelaai word, of dit kan ook per e-pos aan HDA gestuur word. [Sien HDA se riglyne vir elektroniese indiening.]

 

Die volgende dokumente moet die voorleggings vir eksaminering vergesel:

 

  • Turnitin-verslag (Turnitin is 'n sagteware wat deur verskeie universiteite gebruik word om moontlike plagiaat op te spoor in akademiese werk wat deur studente vervaardig word.)

  • Taalversorging sertifikaat (Die studente is verantwoordelik vir die professionele taalversorging van hul manuskrip. 'n Lys van geakkrediteerde taalversorgers is beskikbaar by www.translators.org.za. )

  • ’n Getekende Plegtige Verklaringsvorm (Student bevestig dat die werk wat vir eksaminering ingedien word sy/haar eie is en die studieleier/promotor gee toestemming om vir eksaminering in te dien.)

  • PhD-studente moet ook hul CV sowel as 'n Persoonlike Besonderhede-dokument indien.

 

Op die selfdoen-portaal moet die student seker maak dat die volgende besonderhede korrek is:

 

  • Student 360⁰ - persoonlike besonderhede en koerieradres

 

Belangrike dokumente:

Plegtige verklaring

Persoonlike besonderhede van PhD-studente

Hoe om elektronies in te dien vir eksaminering

 

Eksaminering

HDA stuur die eksamenmanuskrip aan die student se benoemde eksaminatore.

Na eksaminering stuur die eksaminatore ’n evalueringsverslag terug aan HDA.

Sodra HDA al die evalueringsverslae vir 'n student van hul eksaminatore ontvang het, sal hulle dit aan die fakulteit stuur.
 

Uitslae

By die fakulteit word die evalueringsverslae aan die Nagraadse Eksamenkomitee (PEC) voorgelê vir die goedkeuring van 'n student se uitslae.

Die resultate en verslae word dan aan die studieleiers/promotors gestuur met 'n versoek om 'n memorandum vir wysigings voor te berei, indien nodig.

Nadat die uitslae gefinaliseer is, sal die fakulteit die goedgekeurde uitslae weer aan HDA terugstuur.

'n Formele uitslaebrief sal vanaf HDA aan die student uitgereik word sodra alle prosesse in die fakulteit afgehandel is.

Nadat die eksamenuitslae vrygestel is, moet 'n finale manuskrip by HDA ingedien word, en die student se graad sal vir die volgende gradeplegtigheid opgelaai word.

 

Belangrike dokumente:

Eksamenverslag

Eksaminering riglyne

Fakulteit se finale puntestaat

Wysiging en toestemming om te bind

 

Gradeplegtigheid

Sodra die eksamenproses afgehandel is, die uitslag gefinaliseer is en die student slaag, kwalifiseer die student vir die volgende gradeplegtigheid geleentheid.

Die student sal dan amptelik deur die universiteit uitgenooi word vir die betrokke gradeplegtigheid.

Vir enige navrae oor die gradeplegtighede, kan ʼn e-pos gestuur word aan NWU-GRAD@nwu.ac.za

Belangrike dokumente:

Gradeplegtighede

 

Belangrike dokumente