B-Status in Teologie: 2026
Wat is B-Status?
Die toelatingsvereiste vir die BTh Hons-graad aan die NWU is 'n BTh-graad of 'n gelykwaardige kwalifikasie in Teologie. B-Status gee egter 'n student wat 'n nie-teologiese B-graad voltooi het en wat belangstel om vir 'n BTh Hons-graad aan die NWU te registreer, die geleentheid om dit te doen sonder die verpligting om eers 'n BTh-graad te voltooi. 'n Mens kan dus die B-Status as 'n oorbruggingsaktiwiteit beskou. Indien 'n student die B-Status suksesvol voltooi het deur met 'n gemiddelde van 60% te slaag, kan die student aansoek doen vir die BTh Hons aan die NWU. B-Status is nie geldig as 'n toelatingsvereiste by ander Suid-Afrikaanse universiteite nie.
B-Status or BTh?
Dit is belangrik dat 'n student hom-/haarself die volgende vraag moet afvra: "Wat wil ek doen?" As 'n student by die bediening betrokke wil raak, is 'n BTh 'n beter kwalifikasie om na te streef, aangesien die student beter toegerus sal wees vir werk in 'n kerk/gemeente. As die student egter nie noodwendig in die bediening belangstel nie en daarop gemik is om navorsing te doen en vir 'n Meesters- of PhD-graad wil inskryf, is 'n B-status 'n goeie opsie, aangesien die roete na 'n Meesters- of PhD-graad een of twee jaar korter sal wees.
Toelatingsvereistes
'n Student moet sy/haar akademiese rekord van die reeds behaalde B-graad voorlê, en moet die 3de jaar van die B-graad met 'n minimum van 60% (gemiddeld) geslaag het. Dit is belangrik om daarop te let dat 'n student toegang tot goeie internet en 'n rekenaar moet hê om die B-status te kan doen.
Duur
Dit is 'n tweejaarkursus, maar 'n student kan dit in 'n jaar doen.
Let wel: Die aansoeker wat die B-Status suksesvol voltooi het, moet binne die volgende vyf (5) jaar vir BTh Hons by die NWU registreer. Toegang tot BTh Hons sal verbeur word vanaf die 6de jaar na voltooiing van die B-Status-modules.
Koste
Vir 2025 is die koste ongeveer R31 000.00 indien al die modules in een jaar voltooi word. Indien 'n student kies om die modules oor twee jaar te doen, moet registrasie twee keer betaal word en modulefooie kan met 5% eskaleer.
Bank Besonderhede
| TAKKODE | REKENING NOMMER | |
|---|---|---|
| ABSA | 632 005 | 4070099350 |
| FNB | 240 438 | 62161907335 |
| NEDBANK | 171 338 | 1713378531 |
| STANDARD BANK | 052 838 | 330384465 |
Afstandstudies
Die Fakulteit Teologie bied hierdie program aan deur 'n gemengde leermetode van aanbieding te gebruik. Die modules word ontwikkel as selfgerigte e-leeromgewings. Dit beteken dat 'n student op sy/haar eie tyd werk en die opdragte en assesserings volgens die dosent se skedule indien. Opdragte word op die elektroniese platform (eFundi) ingedien. Die meeste modules maak gebruik van deurlopende assessering. Daar is dus geen sit-af eksamens nie. Indien 'n module 'n eksamen het, sal dit aanlyn afgeneem word.
Inhoud vir 2026
B-Status bestaan uit 116 krediete van teologiese vakke:
1ste Semester:
| Module Kode | Krediete | Semester | Jaar | Module Naam |
|---|---|---|---|---|
| OTES113 | (12) | 1ste sem | 1ste jaar module | Inleiding tot die Ou Testament |
| PTHE111 | (8) | 1ste sem | 1ste jaar module | Inleiding tot die Praktiese Teologie |
| THEO111 | (8) | 1ste sem | 1ste jaar module | Beginsels van die Christelike geloof |
| DOGM211 | (16) | 1ste sem | 2de jaar module | Dogmatiek: Van die Leer oor die Skrif tot die Leer oor Sonde |
| NTES212 | (8) | 1ste sem | 2de jaar module | Sosio-Historiese konteks van die Nuwe Testament |
| OTES212 | (8) | 1ste sem | 2de jaar module | Die Vroeëre Profete |
2de Semester:
| Module Kode | Krediete | Semester | Jaar | Module Naam |
|---|---|---|---|---|
| ETHI121 | (8) | 2de sem | 1ste jaar module | Inleiding tot Ou-Testamentiese Etiek |
| EXEG121 | (8) | 2de sem | 1ste jaar module | Inleiding tot Bybelse Eksegese |
| NTES124 | (12) | 2de sem | 1ste jaar module | Briewe en Openbaring |
| PAST123 | (12) | 2de sem | 1ste jaar module | Inleiding tot Pastorale Berading |
| NTES222 | (8) | 2de sem | 2de jaar module | Handelinge en die Pauliniese Briewe |
| OTES222 | (8) | 2de sem | 2de jaar module | Interpretasie van die Latere Profetiese Boeke |
Indien 'n aansoeker belangstel om in sy/haar honneursnavorsingsdokument en/of moontlike verdere studies op MTh-vlak of PhD-vlak op die Ou of Nuwe Testament te fokus, is daar 'n bykomende vereiste dat die student bevredigende kennis van Bybelse Grieks (GRKS172 vir Nuwe Testament) of Bybelse Hebreeus (SEMT272 vir Ou Testament) moet hê. Let asseblief daarop dat GRKS172 en SEMT272 jaarmodules is wat in die eerste semester van elke jaar begin.
Handboeke
Dit is die student se verantwoordelikheid om die nodige handboeke aan te koop.
Aansoek
'n Student doen aanlyn aansoek vanaf 1 April tot 30 Augustus die vorige jaar vir nie-graadstudies.
Die kode is 301 100 T999D-DI.
Die akademiese rekord van die B-graad moet ook ingedien word.
Navrae
- Antoinett Moerdyk (antoinett.moerdyk@nwu.ac.za)