Fokus: Die aanduiding van normatiewe merkers vir vernuwing van die praksis in kerklike en koninkrykshandelinge in die Suid-Afrikaanse samelewing

Subprogramleier Prof Alfred Brunsdon

e-pos: alfred.brunsdon@nwu.ac.za

Doelwitte:

Om prakties-teologiese perspektiewe te bied rakende metateoretiese vertrekpunte in ʼn reformatoriese benadering;

Teorie en praxis van homiletiese, liturgiese, pastorale, kategetiese en bedienende handelinge binne die veranderde konteks van die Suid-Afrikaanse samelewing te ondersoek, as uitvoering van die deskriptiewe, interpretatiewe, normatiewe en strategiese take van Praktiese Teologie.

 

Projekte:

1) Besinning oor metadologiese vertrekpunte binne prakties-teologiese navorsing.

2) Navorsing oor belangrike aspekte soos vertolking en die sin van lewe binne ʼn pastorale konteks.

3) Intergenerasionele geloofsoordrag.