Fokus: Die toepassing van kernbegrippe van die Reformatoriese Teologie op morele vernuwing in die proses van nasiebou en die ontwikkeling van die Samelewing

Subprogramleier: Prof Riaan Rheeder

e-pos: riaan.rheeder@nwu.ac.za

Doelwitte:

Om in die proses van nasiebou en die ontwikkeling van die Samelewing konstruktief deel te neem aan die voortgaande diskoers oor:

  • Die etiek van menseregte

Hier word besonder aandag gegee aan die Universele deklarasie vir bio-etiek en menseregte  (UDBM) wat in 2005 deur Unesco  (United Nations Educational, Scientific And Cultural Organisation) aanvaar is. Suid-Afrika het ook die deklarasie onderteken. Die deklarasie word  in diepte bestudeer en vanuit ‘n geformeerde oogpunt beoordeel.  Die subprogram is gerig om die morele ontwikkeling van die samelewing en daarom is etiese onderrig van kardinale belang. Mathooko and Kipkemboi (2014:259-260), twee UDBM navorsers uit Afrika, is van oortuiging dat bio-etiek onderrig in Afrika nodig is: “The relevance of bioethics education in Africa is not in doubt … Despite the efforts by UNESCO to promote bioethics education in Africa, it is still in its infancy and its development is bedeviled by numerous challenges…” (Mathooko, J. & Kipkemboi, J. 2014. African Perspectives. (In Ten Have, H.a.M.J. & Gordijn B., eds. Handbook of Global Bioethics. Dordrecht: Springer Science + Business Media.  p. 253-268).

  • Bio-etiek en menseregte
  • Eko-etiek
  • Ou Testament-etiek
  • Teologiese antropologie

Burgerlike Samelewing en die morele hernuwing van die Suid-Afrikaanse samelewing - 'n vergelyking tussen Suid-Afrika en Duitsland in tye van oorgang

Internasionale netwerke: 

NORTH WEST UNIVERSITY BIOETHICS UNIT OF THE INTERNATIONAL NETWORK OF THE UNESCO CHAIR IN BIOETHICS (HAIFA) WITHIN THEOLOGY