Fokus: Ekumeniese Perspektiewe op die ontwikkeling van die samelewing

Subprogramleier: Dr Francois Muller

e-pos: francois.muller@nwu.ac.za

Doelwitte:

Die Navorsingsubprogram werk aan ʼn diagnostiese analise van ontwikkelinge binne die Pentekostalistiese, Neo-Pentekostalistiese en Reformatoriese Teologie – gefokus op die ontwikkeling van die samelewing. In die proses word beoog om ook ʼn vergelykende en kritiese analise te doen van die Teologiese modelle wat binne dié tradisies gevind word. Die Navorsingsubprogram wil dan ook ʼn bydrae maak om ekumeniese diskussie tussen verskillende Christelike tradisies soos die Pentekostalistiese en Neo-Pentekostalistiese tradisies en Afrika-Teologie te stimuleer.

Navorsingsleerstoel:

ʼn Navorsingsleerstoel is gestig in Pentekostalisme en Neo-Pentekostalisme; onder leiding van prof Marius Nel.  Belangrike besinning oor die ekumeniese landskap word sodoende aangeraak.

Nuusflits:

Nuutste publikasie deur prof Marius Nel - "Creation and Pentecostals Hermeneutical Considerations of Genesis 1-2" - ISBN (13): 978-1-575-6908-9

Die Eenheid van Reformatoriese Teologie en die Ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse Samelewing, Fakulteit Teologie, wens prof Marius Nel (navorsingsleerstoel binne ons subprogram Ekumeniese Perspektiewe) geluk met sy nuutste prestasie. Hy is 'n geruime tyd gelede genader om deel te neem aan die reeks "De prediking van het Oude Testament- Een theologische commentaar onder redactie van Dr. A. Van Selms (†), Dr. A.S.van der Woude (†), Dr. C. Van Leeuwen (†). Dr. B.E.J.H. Becking en Dr. J.F. Mol". Die bydrae sal binnekort gepubliseer word nadat dit in Nederlands vertaal moes word.