Die fakulteit beskik oor twee Honneursgrade:
- Baccalaureus van Teologie Honneurs
- Baccalaureus Artium Honneurs in Antieke Tale
Sien hieronder vir verdere besonderhede oor elk. Alternatiewelik, besoek ons Jaarboek, ook hieronder gekoppel.
Baccalaureus van Teologie Honneurs
Baccalaureus van Teologie Honneurs is 'n NKR-vlak 8-kwalifikasie met 'n minimum van 120 krediete en word slegs deur middel van afstandsonderrig aangebied.
Toelatingsvereistes
Die toelatingsvereiste vir die BTh Hons-graad aan die NWU is 'n BTh-graad of 'n ekwivalente kwalifikasie in Teologie op NKR-vlak 7. Vir toelating tot die BTh Honneurs-studie word 'n gemiddelde persentasie van minstens 60% in die module(s) op die derde vlak van die eerste B-graad vereis. 'n Persoon wat 'n nie-teologiese B-graad voltooi het en wat belangstel om vir 'n BTh Hons aan die NWU te registreer, het die geleentheid om dit te doen sonder die verpligting om eers 'n BTh-graad te voltooi, deur B-status te doen. 'n Mens kan dus die B-status as 'n oorbruggingsaktiwiteit beskou. Indien 'n student die B-status suksesvol voltooi het deur met 'n gemiddelde van 60% te slaag, kan die student aansoek doen vir die BTh Hons aan die NWU. 'n B-status is nie geldig as 'n toelatingsvereiste by ander Suid-Afrikaanse universiteite nie. Aansoekers moet vir nie-graaddoeleindes aansoek doen om vir die toepaslike B-statusmodules te registreer. Die student wat die B-Status suksesvol voltooi het, moet binne die volgende vyf (5) jaar vir die BTh Hons-graad by die NWU registreer. Toegang tot die BTh Hons-graad sal verbeur word vanaf die 6de jaar na voltooiing van die B-Status-modules.
Jaaboek
Kode
3EG L01-T602D
Metode van Aflewering
Slegs afstand
Programuitkomste
Studente behoort, op grond van intermediêre gevorderde onderrig en leer in Christelike Teologie, in staat te wees om:
- effektief te funksioneer in fasette van die volgende: geldige interpretasie en toepassing van die Bybel (met gereedskap), kerklike bediening, pastorale berading, etiese oriëntasie en waardebepaling, gemeenskapsontwikkeling
- in 'n multikulturele en internasionale konteks te funksioneer
- vir 'n MTh te registreer.
Duur van studie
Die minimum duur vir voltydse studie is een jaar, en die maksimum duur drie jaar, met dien verstande dat studente aansoek kan doen vir 'n verlenging van die tydperk in ooreenstemming met Algemene Akademiese Reëls.
Baccalaureus Artium Honneurs Antieke Tale
KODE:
3DA L01 T601P
METODE VAN AFLEWERING:
Potchefstroom: Kontak (English & Afrikaans)
Yearbook
Toelatingsvereistes
Die toelatingsvereistes vir alle formele akademiese kwalifikasies wat deur die Universiteit aangebied word, is uiteengesit in die Toelatingsbeleid soos goedgekeur deur die Senaat en die Raad. Bykomend tot hierdie algemene toelatingsvereistes geld die volgende:
a) BA in Antieke Tale, BTh, BDiv of gelykwaardige kwalifikasie op NKR vlak 7.
b) Ten minste een van die Antieke Tale (Grieks, Semitiese Tale of Latyn) op NKR vlak 7 met ʼn gemiddelde modulepunt van 60%+. In die geval waar ʼn student nie aan die minimum 60% modulepunt vereiste voldoen nie, mag sy/hy aansoek doen om ʼn onderhoud te voer met die betrokke vakgroepvoorsitter of skooldirekteur.
c) Keuring geskied op grond van die student se akademiese prestasie en insig in die relevante module(s) vir die eerste graad.
d) Vir die BA Honneursstudie word ‘n gemiddelde persentasie van minstens 60% in die module(s) op die derde vlak van die eerste B-graad/graad vereis.
Program-uitkomste
Die student moet in staat wees om, op grond van gevorderde onderrigleer in die Antieke Tale:
a) Kennis rakende ʼn wye spektrum temas en onderwerpe in die studieveld van die antieke wêreld;
b) Diepgaande kennis van ʼn noemenswaardige getal antieke tekste in hulle oorspronklike skrifsisteem;
c) Kritiese gebruik van ʼn verskeidenheid metodes wat insluit historiese debat, tekstuele- en literêre analise en filosofiese diskoers in die studie van die antieke tekste;
d) Begrip van die relevante akademiese debatte in relasie tot hulle verbintenis met spesifieke navorsingsprobleme;
e) Begrip van die grondliggende impak van die antieke wêreld op latere tydvakke en die onderlinge verwantskap van die interpretasie van die antieke verlede en sy invloede.