Teologie - Honneurs  Baccalaureus Artium

 

Die Hons BA-kwalifikasie se uittree NKR-vlak is 8, met ‘n minimum van 120 krediete.

Die toelatingsvereistes vir alle formele akademiese kwalifikasies wat deur die Universiteit aangebied word, is uiteengesit in die Toelatingsbeleid soos goedgekeur deur die Senaat en die Raad. Bykomend tot hierdie algemene toelatingsvereistes geld die volgende: a) Onder besondere omstandighede kan die fakulteit ‘n student wat in besit is van ‘n nie-Teologiese Baccalaureusgraad, tot die honneursstudie in Teologie 102 toelaat. Vanaf 2018 word die suksesvolle verwerwing van sekere voorgeskrewe voorgraadse BTh-modules (80-120 krediete), met ’n mimimum persentasie van 60% slaagsyfer vereis. Vir meer besonderhede, besoek die webwerf van die Fakulteit Teologie. (Die status quo word gehandhaaf vir bestaande B-status-pyplynstudente tot September 2018.) b) ‘n Student moet voor die aanvang van die honneursstudie by die Programbestuurder Honneurs BA op die voorgeskrewe vorm aansoek doen om keuring. c) Keuring geskied op grond van die student se akademiese prestasie en insig in die relevante module(s) vir die eerste graad. d) Vir die Hons BA-studie word ‘n gemiddelde persentasie van minstens 60% in die module(s) op die derde vlak van die eerste B-graad/graad vereis.

Die Honneurs BA Teologie kan toelating gee tot MTh.

 

Jaarboek

 

[Accordion collapsed]

Kode 

102145   T626M - Mahikeng
102145   T626P - Potchefstroom 
102145   T626V - Vaal

 

Metode van Aflewering

Kontak en Afstand

 

Programuitkomste

Die student moet in staat wees om, op grond van intermediêr gevorderde onderrigleer in die Christelike Teologie:

a) effektief te funksioneer in fasette van die volgende: die geldige verklaring en toepassing van die Bybel (met hulpmiddels), kerklike bediening, pastorale berading, etiese oriëntering en waardevestiging, gemeenskapsontwikkeling
b) in ‘n multikulturele en internasionale konteks te funksioneer
c) te registreer vir ’n MTh.

 

Duur van studie

Die minimum duur vir voltydse studie is een jaar en die maksimum duur twee jaar. Die minimum duur vir deeltydse studie is twee jaar en die maksimum drie jaar, met

dien verstande dat aansoek gedoen kan word om die tydperk te verleng in ooreenstemming met die Algemene Akademiese Reëls (sien A.1.14 & A.1.17).

 

Samestelling van kurrikulum

 

Samestelling van kurrikulum vir studente wat wil aanmeld vir geordende bediening binne die AGS 

 

[/Accordion]