Baccalaureus Theologiae met Bybel en Kerkbediening - Potchefstroom kontakstudente

Kode:      3DD H02 T301P

Jaarboek

Program-uitkomste:

Studente wat die BTh in Bybel en Kerkbediening verwerf, is in staat om grootliks selfstandig die volgende te doen:
a) blyke te gee daarvan dat hulle georiënteer is ten opsigte van die Christelike Teologie en Bediening
b) die Ou en Nuwe Testament met hulpmiddels vanuit die grondtale en met verrekening van die oorspronklike konteks te lees, en te interpreteer. Dit hou in dat hulle in staat is om die volgende te doen:
   - blyke te gee daarvan dat hulle insig het in Besondere Kanoniek en open-baringsbetekenis van die meeste Bybelboeke, en toegerus is om ook die oorblywende boeke in hierdie opsig te bestudeer
   - die Bybel openbaringshistories te ontgin oor enige tema
   - eksegese met die oog op Woordbediening (prediking, kategese en pastorale berading) van enige perikoop van ’n Bybelboek te doen
c) basisteoretiese beginsels vir die handelingvelde wat in die kerk ter sprake kom in die eie benadering tot Kerkbediening te kan integreer
d) basiese praktykteorieë vir Kerkbediening te kan formuleer en implementeer.


Hierdie program artikuleer opwaarts na die Honneurs BA in Teologie.

 
Baccalaureus Theologiae in Christelike Bediening (met keusemodules) - Mahikeng studente en Aftsandstudente

Kode:      3DF H01 T301M - Mahikeng
                3DG H01 T301P - Potchefstroom

Jaarboek

Program-uitkomste:

Studente wat die BTh in Christelike Bediening verwerf, is in staat om grootliks selfstandig die volgende te doen:
a) effektief te funksioneer in fasette van een of meer van die volgende: die geldige verklaring en toepassing van die Bybel (met hulpmiddels), Kerkbediening, pastorale berading, etiese oriëntering en waardevestiging, gemeenskapsontwikkeling
b) in ‘n multikulturele en internasionale konteks te funksioneer
c) te registreer vir die Honneurs BA Teologie.


Hierdie program artikuleer opwaarts na die Honneurs BA in Teologie.