Baccalaureus Theologiae in Christelike Bediening (met keusemodules) - Potchefstroom- en Afstandstudente
Kode: 3DF H01 T301P - Potchefstroom (Kontak)
3DG H01 T301P - Potchefstroom (Afstand)
Jaarboek
Program-uitkomste:
Studente wat die BTh in Christelike Bediening verwerf, is in staat om grootliks selfstandig die volgende te doen:
a) effektief te funksioneer in fasette van een of meer van die volgende: die geldige verklaring en toepassing van die Bybel (met hulpmiddels), Kerkbediening, pastorale berading, etiese oriëntering en waardevestiging, gemeenskapsontwikkeling
b) in ‘n multikulturele en internasionale konteks te funksioneer
c) te registreer vir die BTh Hons.
Hierdie program artikuleer opwaarts na die BTh Hons.