Navorsingsvoorstel & Titelregistrasie
ʼn Navorsingsvoorstel moet opgestel word onder begeleiding van die studieleier/promotor en ooreenkomstig die riglyne van die NWU.
Besoek NWU-Libguide vir die volgende nuttige gidse:
- NWU-Verwysingsgids (NWU Harvard styl)
- Skryf van Opdragte
- Kopiereg & Plagiaat
- Handleiding vir M- en PhD-Studies
- Nagraadse MS-Word Sjabloon
Sodra die studieleier/promotor en student tevrede is met die navorsingsvoorstel, word die navorsingsvoorstel deur die studieleier/promotor aan die volgende komitees voorgelê vir evaluering:
Sodra die KGG die navorsingsvoorstel en titel goedgekeur het, word die titel geregistreer en kan die student voortgaan met sy/haar navorsing. Die navorsingsvoorstel vorm Hoofstuk 1 van die proefskrif/verhandeling.
Titelregistrasie moet verkieslik binne die eerste jaar van registrasie afgehandel word.
Belangrike dokumente:
Dokumente wat saam met die Navorsingsvoorstel ingedien moet word:
- Titelregistrasieblad
- Gedragskodevorm
- Etiekaansoekvorm en relevante dokumentasie
- Etiekopleidingsertifikate van student
- Etiekopleidingsertifikate van studieleier/promoter
- CV van studieleiers/promotors
- CV van student