Riglyne


'n Kort navorsingsmotivering van 1000 tot 2000 woorde moet die aansoekvorm saam met al die nodige dokumentasie vergesel. Hierdie voorstel moet betrekking hê op die onderwerp wat vir navorsing voorgestel word en moet die navorsingsprobleem duidelik stel. 'n Kort, verduidelikende agtergrond moet gegee word om te verduidelik waarom die spesifieke onderwerp van belang is. Vakverwysings moet voldoen aan die aanvaarde NWU-styl (Harvard-metode).

  •  Heg asseblief volledige akademiese rekords / transkripsies wat gesertifiseer is, en 'n afskrif van u ID / paspoort..

 

 

Ek is ’n huidige NWU-student (ek kan maar net nie genoeg van die NWU kry nie)


Laai asseblief die volgende aansoekvorm af, vul dit in en dien dit in:

  • ’n Aansoekvorm [2MB]
  • ’n Gewaarmerkte afskrif van jou SA ID-dokument (of jou paspoort as jy ’n internasionale student is) moet jou aansoekvorm vergesel.

 

 

Ek is ’n nuwe NWU-aansoeker (ek wil deel van die NWU wees):  Suid-Afrikaanse burgers


Laai asseblief die volgende aansoekvorm af, vul dit in en dien dit in:

  1. ’n Aansoekvorm [2MB]
  2. Die volgende ondersteunende dokumente moet jou aansoekvorm vergesel:
    1. ’n Gewaarmerkte afskrif van jou SA ID-dokument, of jou paspoort as jy ’n internasionale student is
    2. Gewaarmerkte afskrifte van akademiese afskrifte van alle kwalifikasies wat aan ander tersiêre-onderwysinstellings verwerf is
    3. Gewaarmerkte afskrifte van alle sertifikate/diplomas/grade van ander tersiêre-onderwysinstellings
    4. Bewys van betaling van die aansoekgeld (nieterugbetaalbaar) van R150 vir SA burgers, of R550 vir internasionale studente
    5. Bankbesonderhede:
  • Rekeningnaam: NWU Online Registrations        
  • Bank: ABSA
  • Rekeningnommer: 4091691369         
  • Takkode: 632-005
  • Verwysingsnommer:
  • NWU-studentenommer/universiteitsnommer OF
  • H + ID-nommer as die aansoeker ’n Suid-Afrikaanse burger is, byvoorbeeld H8401235057089 OF
  • H + geboortedatum en van as die aansoeker nie ’n Suid-Afrikaanse burger is nie, byvoorbeeld H840123Jacobs

 

 

Ek is ’n nuwe NWU-aansoeker (ek wil deel van die NWU wees): Internasionale aansoekers


Let wel:

  • Alle internasionale studente moet die volle bedrag en relevante koste van hulle voorgenome studie vooruit betaal voordat registrasie gefinaliseer kan word.
  • By ontvangs van al die relevante dokumente sal jou aansoek deur die toepaslike fakulteit geëvalueer word. Let asseblief daarop dat dit tot ses maande kan duur om ’n aansoek te verwerk. Nagraadse registrasies word egter tot aan die einde van Maart elke jaar aanvaar. Die akademiese jaar aan die Noordwes-Universiteit loop van Januarie tot Desember.
  • Alle voornemende internasionale studente moet by aankoms op die kampus by die Internasionale Kantoor van die Noordwes-Universiteit rapporteer vir hulp ten opsigte van studiepermitte en akkommodasie. Gee asseblief die volgende in wanneer jy by die Internasionale Kantoor rapporteer:
  • ’n Beëdigde verklaring of bankwaarborg moet ingegee word om te verseker dat jy toegang het tot die nodige finansies wat jou in staat sal stel om jou studie te onderneem en jou lewenskoste vir die volle duur van jou studie te dek.
  • Bewys van mediese dekking vir die duur van jou studie aan die Noordwes-Universiteit. Die Internasionale Kantoor sal hulp verskaf waar nodig.
  • Verdere riglyne

Laai asseblief die volgende aansoekvorm af, vul dit in en dien dit in:

  1. ’n Aansoekvorm [2MB]
  2. Die volgende ondersteunende dokumente mou jou aansoekvorm vergesel:
    1. ’n Gewaarmerkte afskrif van jou paspoort.
    2. Gewaarmerkte afskrifte van alle akademiese afskrifte, insluitende die finale uitslae van alle kwalifikasies wat verwerf is.
    3. Gewaarmerkte afskrifte van alle sertifikate/diplomas/grade. (’n Evalueringsertifikaat soos deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-Owerheid (SAKO) uitgereik word, moet ingedien word indien jou vorige kwalifikasie in die buiteland verwerf is. Die evalueringsertifikaat kan verkry word deur die SAKO-webwerf www.saqa.org.za te besoek.)
    4. ’n Gedragsertifikaat soos deur die registrateur van die universiteit/kollege/technikon waar jy geregistreer was (of tans geregistreer is).
    5. ’n Bewyssertifikaat van vaardigheid in Engels:
    6. Voornemende studente van nie-Engelstalige lande moet ’n sertifikaat van vaardigheid in die Engelse taal ingee, óf die TOEFL-sertifikaat of uitslae van die Universiteit van Cambridge se internasionale taaltoetsstelsel. Studente wat hulle studie deur ’n Engels-mediuminstelling voltooi het voordat hulle hulle aansoek ingedien het, kan skriftelik vir vrystelling van die TOEFL-toets aansoek doen. Kry die TOEFL-toets hier: http://www.ets.org.toefl/.
    7. Bewys van betaling van die aansoekgeld (nieterugbetaalbaar) van R550 vir internasionale studente\
    8. Bankbesonderhede:
  • Rekeningnaam: NWU Online Registrations        
  • Bank: ABSA
  • Rekeningnommer: 4091691369         
  • Takkode: 632-005
  • Verwysingsnommer:
  • NWU-studentenommer/universiteitsnommer OF
  • A + geboortedatum en van, byvoorbeeld A840123Jacobs

 

 

Ek is ’n alumnus (voormalige student) van die NWU (ek wil meer van die NWU hê)


Laai asseblief die volgende aansoekvorm af, vul dit in en dien dit in:

  1. ’n Aansoekvorm [2MB]
  2. Die volgende ondersteunende dokumente moet jou aansoekvorm vergesel:
    1. ’n Gewaarmerkte afskrif van jou SA ID-dokument, of jou paspoort as jy ’n internasionale student is
    2. Gewaarmerkte afskrifte van akademiese afskrifte van alle kwalifikasies wat aan ander tersiêre-onderwysinstellings verwerf is
    3. Gewaarmerkte afskrifte van alle sertifikate/diplomas/grade van ander tersiêre-onderwysinstellings
    4. Bewys van betaling van die aansoekgeld (nieterugbetaalbaar) van R150 vir SA burgers, of R550 vir internasionale studente
    5. Bankbesonderhede:
  • Rekeningnaam: NWU Online Registrations        
  • Bank: ABSA
  • Rekeningnommer: 4091691369         
  • Takkode: 632-005
  • Verwysingsnommer:
  • NWU-studentenommer/universiteitsnommer OF
  • H + ID-nommer as die aansoeker ’n Suid-Afrikaanse burger is, byvoorbeeld H8401235057089 OF
  • H + geboortedatum en van as die aansoeker nie ’n Suid-Afrikaanse burger is nie, byvoorbeeld H840123Jacobs

 

 

 

NWU Meesters Beurs


http://www.nwu.ac.za/af/nagraadse-beurse

 

Voorwaardes van die beurs


1. Die beurs is slegs beskikbaar aan studente wat vir ’n eerste, volle voorgeskrewe nagraadse Meesters graadkursus registreer. Studente wat as geleentheidstudente geregistreer is, kwalifiseer nie.
2. Aansoek om die beurs word jaarliks op die voorgeskrewe aansoekvorm gedoen voor of op 31 Maart 2018.
3. Studente vanaf ander universiteite moet ‘n akademiese rekord aanheg van die voorafgaande kwalifiserende graad.
4. Meestersgraad studente mag beurse uit meer as een bron ontvang. Daar is geen perk op die Meesters beursbedrag nie.
5. Die beursbedrag is terugbetaalbaar indien ’n student enige van die voorwaardes nie nakom nie, studies staak of nie die kursus binne die voorgeskrewe tydperk voltooi nie.
6. Die Universiteit behou die reg, indien geregverdig deur omstandighede, om riglyne, voorwaardes en bedrae te verander sonder voorafgaande kennisgewing aan die applikant.
7. Die beurs word as volg toegeken:
7.1 Om te kwalifiseer, moet aansoekers ’n minimum gemiddeld van 60% in die finale jaar modules/vakke van die voorafgaande voltooide Honneurs-graadkursus behaal het. Studente wat ’n vierjarige B-graad in BIng, BPharm, BMus en BArt et Science in Stads- en Streekbeplanning verwerf het, kwalifiseer ook vir die Meesters beurs en moet ‘n gemiddeld van 60% in die voorafgaande voltooide finale jaar behaal het. Akademiese rekords van die voorafgaande kwalifiserende graad word in ag geneem met berekening van die gemiddeld. Sertifikate alleenlik is nie geldig nie.
7.2 Deeltyds geregistreerde en werkende studente kan vir ’n 50% toekenning van die beurs aansoek doen (werkende studente word omskryf as studente wat vir ‘n werkgewer werk, ‘n salaris verdien en waarvan werk die hoofaktiwiteit is).
7.3 Die beurs geld slegs vir twee (2) jaar. R20 200 per jaar word toegeken vir voltydse studente - die totale beurswaarde oor twee jaar beloop R40 400.
7.4 Studente vanaf die TWEEDE jaar in die graad doen aansoek vir ʼn Meesters Vorderingsbeurs: Vir die Vorderingsbeurs MOET die voorgeskrewe Vorderingsverslag ingevul deur die Studieleier, aan die beursaansoek geheg word. Hierdie verslag dien as aanbeveling van akademiese vordering. Indien die student nie voorheen ‘n Meesters Beurs ontvang het nie, MOET die student die akademiese rekord van die vorige kwalifiserende graad ook aanheg sodat die gemiddeld van 60% bevestig kan word. Onvolledige aansoeke is ongeldig.
7.5 In die geval waar ’n student in een jaar die Meestersgraad voltooi en direk met Doktorale studies aangaan, word R20 200 na die eerste jaar van die Doktorale studies oorgedra. Indien die student nie inskryf vir Doktorale studies nie, is die beurswaarde slegs R20 200.
7.6 Beurshouers moet die Meestersgraad binne ’n grasietydperk van drie (3) jaar voltooi.

 

 

NWU Doktorale Beurs


http://www.nwu.ac.za/af/nagraadse-beurse


Voorwaardes van die beurs


1. Die beurs is slegs beskikbaar aan studente wat vir ’n eerste, volle voorgeskrewe Doktorale kursuseenheid registreer. Studente wat as geleentheidstudente geregistreer is, kwalifiseer nie.
2. Aansoek om die beurs word jaarliks op die voorgeskrewe aansoekvorm gedoen voor of op 31 Maart 2018.
3. Studente vanaf ander universiteite moet ‘n akademiese rekord aanheg van die voorafgaande kwalifiserende graad.
4. Doktorale graadstudente mag beurse uit meer as een bron ontvang. Daar is geen perk op die Doktorale beursbedrag nie.
5. Die beursbedrag is terugbetaalbaar indien ’n student enige van die voorwaardes nie nakom nie, studies staak of nie die kursus binne die voorgeskrewe tydperk voltooi nie.
6. Die Universiteit behou die reg, indien geregverdig deur omstandighede, om riglyne, voorwaardes en bedrae te verander sonder voorafgaande kennisgewing aan die applikant.
7. Die beurs word as volg toegeken:
7.1 Om te kwalifiseer, moet aansoekers ’n minimum gemiddeld van 60% in die finale jaar modules/vakke van die voorafgaande voltooide Meesters-graadkursus behaal het. Akademiese rekords van die voorafgaande voltooide graad moet aangeheg word. Sertifikate alleenlik is nie geldig nie.
7.2 Deeltyds geregistreerde en werkende studente kan vir ‘n 50% toekenning van die beurs aansoek doen (werkende studente word omskryf as studente wat vir ‘n werkgewer werk, ‘n salaris verdien en waarvan werk die hoofaktiwiteit is).
7.3 Die beurs geld slegs vir drie (3) jaar. R24 000 per jaar word toegeken vir voltydse studente - die totale beurswaarde oor drie jaar beloop R72 000.