Die student lê hoofstuk na hoofstuk aan die studieleier / promotor voor. Na alle moontlike kommentaar deur die studieleier / promotor op 'n hoofstuk bevredigend hanteer is, kan die student voortgaan met die volgende hoofstuk.

'n PhD-student moet 'n artikel, gebaseer op sy / haar tesis voorberei en indien by 'n geakkrediteerde tydskrif vir publikasie.

'n M-student word ook aangemoedig om 'n artikel, wat gebaseer is op sy / haar mini-verhandeling / verhandeling, in te dien vir publikasie by 'n geakkrediteerde tydskrif.

Vir enige studentversoeke wat onder die aandag van die Fakulteitsadviseur (Lee Trollip) gebring moet word, moet 'n student-versoekvorm voltooi word en by die M&D-Kantoor ingehandig word.

Drie maande voor indiening vir eksaminering moet 'n "Kennisgewing van Voorlegging"-dokument voltooi word en aan PostGrad-EnquiriesPOTCH@nwu.ac.za gestuur sodat hulle voldoening aan die titelregistrasie kan verifieer en die eksaminatore betyds in te lig.

Akademiese administrasie sal al die inligting en dokumente wat nodig is vir die indiening, so gou as wat hulle die "Kennisgewing van Voorlegging"-vorm ontvang, aanstuur.

Voorleggings vir die gradeplegtigheid in Meimaand moet  in wees voor die middel van November, en voorleggings vir die gradeplegtigheid in September, voor die einde van April.

Die student is verantwoordelik vir die professionele taalversorging van sy / haar manuskrip. 'n Lys van geakkrediteerde taalversorgers is beskikbaar by  www.translators.org.za.

'n Plegtige verklaring moet die indiening vir eksaminering vergesel.

PhD-studente moet ook hulle CV indien asook 'n Persoonlike Besonderhede-dokument voltooi.

Elke student se finale manuskrip sal deur die studieleier / promotor op Turnitin ingedien word, ten einde te toets vir plagiaat. Die Turnitin-verslag sal aan die akademiese administrasie gestuur word.