Die Fakulteit Teologie het 'n inisiatief geloods om Honneursbeurse binne die Fakulteit Teologie toe te ken aan ons huidige finalejaar graduerende en kwalifiserende voorgraadse studente wat ook belangstel om 'n Meesters- en PhD-graad binne die Fakulteit Teologie aan die Noordwes-Universiteit te doen. Hierdie beursskema het ten doel om finansiële ondersteuning te bied aan belowende nagraadse studente binne die Fakulteit Teologie, wat nie tersiêre opleiding kan bekostig nie en om erkenning te gee aan jou as een van ons studente wat akademies baie goed presteer.
Hierdie Fakulteitshonsbeurse (FHB) dek die volle klasgeld van 'n eenjarige Honsgraad binne die Fakulteit en is slegs een keer geldig. Die Hons-graad moet in 'n grasietydperk van een jaar voltooi word.
Die minimum gemiddeld om vir 'n FHB te kwalifiseer is 'n gemiddeld van minstens 65% in 'n aansoeker se finale jaar van voorgraadse studie.
Met inagneming van bogenoemde, moet die volgende prosedure gevolg word:
Slegs voornemende, kwalifiserende Hons-studente kan vir 'n FHB aansoek doen deur die FHB-aansoekvorm te voltooi. Hierdie voltooide dokument tesame met die vereiste dokumentasie moet voor 11 Januarie 2027 aan facultybursary@nwu.ac.za teruggestuur word. Geen laat aansoeke sal aanvaar word nie. Onvolledige aansoekvorms sal as ongeldig beskou word en sal nie oorweeg word nie.
Die Fakulteitsbeurskomitee sal voor die einde van Januarie 2027 vergader om die ontvangde beursaansoeke aan te spreek.
Studente wat FHB's ontvang sal dienooreenkomstig in kennis gestel word.
Die beursbedrag is terugbetaalbaar indien 'n student versuim om aan enige van die onderstaande voorwaardes te voldoen:
- Beëindig studies.
- Voltooi nie die kursus binne die voorgeskrewe tydperk van een jaar nie.
Die Universiteit bied ook NWU Hons-beurse aan.
Vir die FHB-aansoek vorm, klik asseblief hier.