Klasrooster en Eksamenroosters

Vanaf 2023 sal studente hul roosters spesifiek vir hul kursus en programme kan genereer. Om toegang tot jou Klasroosters te kry, klik hier.

Vir jou eksamenroosters klik asseblief hier.

 

Alle verdere inligting is op die groep (Facebook) van die fakulteit beskikbaar:

Afstand studente

Inligting vir 1ste semester 2023 in die volgende kursusse:

BTh, BDiv, B-Status, Hons BA en BTh Hons

 

Huidige Studente

Vir inligting aangaande die huidige studente van die Noordwes-Universiteit, kliek hier

 

Plagiaat is 'n oortreding

Kliek hier om die dokument rakende plagiaat te lees.

TSV

Die Fakulteit het ’n eie unieke Vakvereniging waaraan studente van die Fakulteit Teologie behoort.  Die Vakvereniging val onder die voogskap van die Kampus Studente Raad.

Die TSV voorsitter vir elke kampus vir 2022 is:

  • MK - Ms Paballo Motshwaedi
  • PK - Mr Theuns de Bruyn
  • VK - Ms Siphokuhle Kani

 

Voornemende Studente in Teologie

Studente moet daarop let dat voltydse internettoegang met ‘n spoed van 2 Mbs en 'n rekenaar voorvereistes vir toelating is, aangesien alle studiemateriaal slegs elektronies beskikbaar is. In meeste gevalle is geen papierstudiegidse meer beskikbaar nie. 

In pas met ʼn wêreld van tegnologie waarin ons leef, word elke nuweling-Fakulteit-Teologie-student verplig om in besit te wees van ʼn draagbare rekenaar. Die rede is dat jy alle leermateriaal (studiegidse) digitaal gaan ontvang en die ontsluiting van die onderrig sowel as die amptelike kommunikasie met jou dosent deur middel van ʼn skootrekenaar gedoen word. Daar is reeds WiFi toegang in al Fakulteit Teologie se geboue, asook op die NWU Potchefstroomkampus. Indien jy nog nie ʼn draagbare rekenaar besit nie, en dus een moet aanskaf, word jy aanbeveel om die volgende vereistes en aanbod te oorweeg: Die volgende spesifikasies van die rekenaar word aanbeveel ten einde jou keuse te vergemaklik: Intel Core i3, 4GB+ RAM, 250 GB hardeskyf spasie, WiFi-konnektiwiteit . Die NWU is deel van ʼn nasionale inisiatief om studente te bemagtig met skootrekenaars. Besoek graag die webadres http://www.stp.ac.za om meer uit te vind. Die pryse van die produkte is uiters billik met tot 35% korting op die vasgestelde pryslys van sekere van die modelle. (Lees meer)