Studente moet daarop let dat voltydse internettoegang met ‘n spoed van 2 Mbs en 'n rekenaar voorvereistes vir toelating is, aangesien alle studiemateriaal slegs elektronies beskikbaar is. In meeste gevalle is geen papierstudiegidse meer beskikbaar nie. 

In pas met ʼn wêreld van tegnologie waarin ons leef, word elke nuweling-Fakulteit-Teologie-student verplig om in besit te wees van ʼn draagbare rekenaar. Die rede is dat jy alle leermateriaal (studiegidse) digitaal gaan ontvang en die ontsluiting van die onderrig sowel as die amptelike kommunikasie met jou dosent deur middel van ʼn skootrekenaar gedoen word. Daar is reeds WiFi toegang in al Fakulteit Teologie se geboue, asook op die NWU Potchefstroomkampus. Indien jy nog nie ʼn draagbare rekenaar besit nie, en dus een moet aanskaf, word jy aanbeveel om die volgende vereistes en aanbod te oorweeg: Die volgende spesifikasies van die rekenaar word aanbeveel ten einde jou keuse te vergemaklik: Intel Core i3, 4GB+ RAM, 250 GB hardeskyf spasie, WiFi-konnektiwiteit . Die NWU is deel van ʼn nasionale inisiatief om studente te bemagtig met skootrekenaars. Besoek graag die webadres http://www.stp.ac.za om meer uit te vind. Die pryse van die produkte is uiters billik met tot 35% korting op die vasgestelde pryslys van sekere van die modelle.

 

PREDIKANTSOPLEIDING GKSA

Studente wat hulle wil bekwaam om as predikante in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika beroepbaar gestel te word, moet vroegtydig (vóór die aanvang van hulle studie) ook die kerklike keuringsprosedure van die Kuratore van die Teologiese Skool Potchefstroom volg. Die studente verwerf oor ses jaar die Kan­didaatsertifikaat van die TSP.  Dié keuring vind plaas gedurende September en Oktober van die jaar vóór die studie begin. (Meer inligting hieroor is verkrygbaar by die Registrateur TSP, Tel. 018 299 1846 of epos: lieze.coetzer@nwu.ac.za

 

PASTOOR-OPLEIDING AGS

Studente wat hulle wil bekwaam vir die geordende bediening binne die AGS, moet vóór die aanvang van hulle studie die voorgeskrewe kerklike keurings­prosedure nakom.

Studente moet na die aanvanklike akademiese opleiding 'n AGS begeleide internskap (MIL) doen ter voorbereiding vir ordening. Deur middel van die internskap wat onder leiding van 'n senior AGS-pastor plaasvind word kandidate begelei in bedieningsblootstelling en -betrokkenheid. Aansoek hiervoor by die AGS moet geskied tydens die finale jaar van akademiese voorbereiding.

Dié keuring om as AGS-student vir die kwalifiserende BTh-kwalifikasieprogram te registreer, vind plaas gedurende September en Oktober van die jaar vóór die studie begin. Meer inligting hieroor is verkrygbaar by studentservices@afm-ags.org of 012 644 0490. 

 

PREDIKANTSOPLEIDING Ander Denominasies

Inligting oor teologiese opleiding vir die bediening in die NG-Kerk en die NH-Kerk, en ander denominasies is verkrygbaar by die Fakulteitsadministrateur van die Fakulteit Teologie: Tel. 018 299 1847, e-pos antoinett.moerdyk@nwu.ac.za