Oorsig


Teologie op Reformatoriese grondslag

Die M & D-programme van die Fakulteit Teologie van die Noordwes-Universiteit fokus op goeie in diepte navorsing op meesters- en doktorale vlak. Teologie word vanuit die vertrekpunt van die gesagvolheid van die Bybel as Woord van God beoefen. Alle vooronderstellings (insluitend ons eie) word krities-wetenskaplik oorweeg.

Ons geniet dit om saam met ons studente van regoor die wêreld te werk.

 

Teologie

1Timoteus 2:3-4 - So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.



Nagraadse inligting wat jy moet weet

Let wel: Die inligting in die skakels hieronder is ongelukkig net beskikbaar in Engels vir nou.

 

 


Hoe gemaak?


Die volgende opnames sal van hulp wees met jou studies:

 

Writing and Guidance of a research proposal Part 1

Writing and Guidance of a research proposal Part 2

From research proposal to writing a thesis Part 3

From writing a thesis to submission of a research article Part 4

 

FAQ

Hieronder is 'n lys van algemene vrae wat geopper is tydens die webinar wat aangebied is en na hierbo gekoppel is. Ons het dit goed gedink om die vrae saam met prof Voster se antwoorde hier by te voeg aangesien ander studente dalk dieselfde navrae het.

Kan die navorsingsvoorstel presies 10 bladsye wees?

Ons het nie 'n presiese voorskrif in hierdie verband nie. Die punt wat ek gemaak het, was dat hoe korter en duideliker die navorsingsvoorstel hoe beter. Die verduideliking van die agtergrond kan twee bladsye beslaan en as jy die navorsingsprobleem en sentraal-teoretiese argument in een sin elk kan formuleer is jy dan seker van wat jy gaan navors en die rigting waarin jy die probleem gaan oplos. Onthou net dat die verwysingslys wat die navorsingsvoorstel vergesel alle maar ook slegs die publikasies moet bevat wat jy geraadpleeg het vir die doel om die navorsingsvoorstel te skryf. My ervaring in die leiding van nagraadse studente het my geleer dat 'n bondige goed-beredeneerde navorsingsvoorstel met duidelike stellings meer voordelig vir die studie is. Aan die ander kant is 'n vae navorsingsvoorstel geneig om die rigting van die navorser en die studieleier dikwels af te lei.

Moet die voorveronderstelling(s) van die navorsingstudent altyd ooreenstem met dié van die studieleier?

'n Goeie studieleier sal die paradigmatiese standpunt van die navorser respekteer as dit 'n geloofwaardige benadering en posisie verteenwoordig. Die studie moet dan binne daardie konteks gelei word. Indien die leier nie saamstem nie, moet hy/sy nie die aanstelling aanvaar nie en die student na iemand anders verwys. Die student hoef nie met die studieleier saam te stem nie en omgekeerd. Die student moet bewys dat hy/sy 'n vakkundige metodologie gebruik en dat bevindinge geldig is binne die paradigmatiese konteks.

Is dit 'n vereiste om 'n dubbelpunt in titels te gebruik?

Nee, dit is nie. Jy kan 'n dubbelpunt gebruik as die titel dit vereis. Byvoorbeeld: Geweld in Suid-Afrika: Polities gemotiveerd of 'n historiese erfenis?

Ek wou weet hoe 'n student te werk gaan as hul onderwerp/vak relatief nuut is en daar beperkte literêre inligting beskikbaar is?

Alle navorsing begin iewers. As jy 'n geldige navorsingsvraag het, werk met die beskikbare materiaal en doen empiriese navorsing of evalueer mondelinge tradisies. Op hierdie manier kan jy bydra tot die uitbreiding van jou veld. Ek sal aanbeveel dat jy reg aan die begin van jou navorsingsvoorstel sê dat bronne beperk is, maar jy beoog om die navorsing verder te neem deur empiriese metodes en mondelinge bronne te gebruik. Op die ou end sal lesers jou bevindinge evalueer om vas te stel of jou bevindinge geldig en geloofwaardig is.

 

Sub-programme


 

Navorsingsentiteite


Ontdek meer...


 

Opkomende gebeurtenisse

25 - 26 Maart 2024 - Navorsing Lekgotla

'n Tweedaagse seminaar met fakulteitsakademici en navorsers wat fokus op uitnemende navorsing en nagraadse studieleiding.

 

 

 

 

 

Sosiale Media