Riglyne


'n Kort navorsingsmotivering van 1000 tot 2000 woorde moet die aansoekvorm saam met al die nodige dokumentasie vergesel. Hierdie voorstel moet betrekking hê op die onderwerp wat vir navorsing voorgestel word en moet die navorsingsprobleem duidelik stel. 'n Kort, verduidelikende agtergrond moet gegee word om te verduidelik waarom die spesifieke onderwerp van belang is. Vakverwysings moet voldoen aan die aanvaarde NWU-styl (Harvard-metode).

 

Hoe om vir meestersgraad- en doktorale studie aansoek te doen

  • Die toekenning van ’n studentenommer/universiteitsnommer beteken nie dat die aansoeker aanvaar is vir die program waarvoor hulle aansoek gedoen het nie. ’n Studentenommer/universiteitsnommer word slegs vir administratiewe doeleindes uitgereik.
  • Alle dokumente moet deur ’n kommissaris van ede, prokureur en/of universiteitsbeampte gewaarmerk word.
  • As enige van jou kwalifikasies by ’n nie-Suid-Afrikaanse instelling verwerf is, moet ’n evalueringsertifikaat soos uitgereik deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-Owerheid (SAKO) ingelewer word. Aansoekers kan by SAKO vir die evalueringsertifikaat aansoek doen.
  • Let asseblief daarop dat indien enige een van die dokumente in jou nooiensvan uitgereik is, jy ook ’n gewaarmerkte huweliksertifikaat moet indien.
  • Bykomende inligting kan deur die betrokke fakulteit vereis word.
  • Heg asseblief volledige akademiese rekords / transkripsies wat gesertifiseer is, en 'n afskrif van u ID / paspoort. Dien asseblief Aansoeke in by Tienie Buys.
  • Stuur aan Tienie.Buys@nwu.ac.za of Sandra.Horn@nwu.ac.za

 

Doen soos volg aansoek.


[Accordion collapsed]

Laai asseblief die volgende aansoekvorm af, vul dit in en dien dit in:

  1. ’n Aansoekvorm [2MB]
  2. ’n Gewaarmerkte afskrif van jou SA ID-dokument (of jou paspoort as jy ’n internasionale student is) moet jou aansoekvorm vergesel.

Ek is ’n alumnus (voormalige student) van die NWU (ek wil meer van die NWU hê)

Please download, complete and submit the following application form:

  1. Laai asseblief die volgende aansoekvorm af, vul dit in en dien dit in:

    1. ’n Aansoekvorm [2MB]
    2. Die volgende ondersteunende dokumente moet jou aansoekvorm vergesel:
      1. ’n Gewaarmerkte afskrif van jou SA ID-dokument, of jou paspoort as jy ’n internasionale student is
      2. Gewaarmerkte afskrifte van akademiese afskrifte van alle kwalifikasies wat aan ander tersiêre-onderwysinstellings verwerf is
      3. Gewaarmerkte afskrifte van alle sertifikate/diplomas/grade van ander tersiêre-onderwysinstellings
      4. Bewys van betaling van die aansoekgeld (nieterugbetaalbaar) van R150 vir SA burgers, of R550 vir internasionale studente
      5. Bankbesonderhede:
    • Rekeningnaam: NWU Online Registrations        
    • Bank: ABSA
    • Rekeningnommer: 4091691369         
    • Takkode: 632-005
    • Verwysingsnommer:
      • NWU-studentenommer/universiteitsnommer OF
      • H + ID-nommer as die aansoeker ’n Suid-Afrikaanse burger is, byvoorbeeld H8401235057089 OF
      • H + geboortedatum en van as die aansoeker nie ’n Suid-Afrikaanse burger is nie, byvoorbeeld H840123Jacobs

Ek is ’n nuwe NWU-aansoeker (ek wil deel van die NWU wees):  Suid-Afrikaanse burgers

Laai asseblief die volgende aansoekvorm af, vul dit in en dien dit in:

  1. ’n Aansoekvorm [2MB]
  2. Die volgende ondersteunende dokumente moet jou aansoekvorm vergesel:
    1. ’n Gewaarmerkte afskrif van jou SA ID-dokument, of jou paspoort as jy ’n internasionale student is
    2. Gewaarmerkte afskrifte van akademiese afskrifte van alle kwalifikasies wat aan ander tersiêre-onderwysinstellings verwerf is
    3. Gewaarmerkte afskrifte van alle sertifikate/diplomas/grade van ander tersiêre-onderwysinstellings
    4. Bewys van betaling van die aansoekgeld (nieterugbetaalbaar) van R150 vir SA burgers, of R550 vir internasionale studente
    5. Bankbesonderhede:
  • Rekeningnaam: NWU Online Registrations        
  • Bank: ABSA
  • Rekeningnommer: 4091691369         
  • Takkode: 632-005
  • Verwysingsnommer:
    • NWU-studentenommer/universiteitsnommer OF
    • H + ID-nommer as die aansoeker ’n Suid-Afrikaanse burger is, byvoorbeeld H8401235057089 OF
    • H + geboortedatum en van as die aansoeker nie ’n Suid-Afrikaanse burger is nie, byvoorbeeld H840123Jacobs

Ek is ’n nuwe NWU-aansoeker (ek wil deel van die NWU wees): Internasionale aansoekers

  • Let wel:

    • Alle internasionale studente moet die volle bedrag en relevante koste van hulle voorgenome studie vooruit betaal voordat registrasie gefinaliseer kan word.
    • By ontvangs van al die relevante dokumente sal jou aansoek deur die toepaslike fakulteit geëvalueer word. Let asseblief daarop dat dit tot ses maande kan duur om ’n aansoek te verwerk. Nagraadse registrasies word egter tot aan die einde van Maart elke jaar aanvaar. Die akademiese jaar aan die Noordwes-Universiteit loop van Januarie tot Desember.
    • Alle voornemende internasionale studente moet by aankoms op die kampus by die Internasionale Kantoor van die Noordwes-Universiteit rapporteer vir hulp ten opsigte van studiepermitte en akkommodasie. Gee asseblief die volgende in wanneer jy by die Internasionale Kantoor rapporteer:
      • ’n Beëdigde verklaring of bankwaarborg moet ingegee word om te verseker dat jy toegang het tot die nodige finansies wat jou in staat sal stel om jou studie te onderneem en jou lewenskoste vir die volle duur van jou studie te dek.
      • Bewys van mediese dekking vir die duur van jou studie aan die Noordwes-Universiteit. Die Internasionale Kantoor sal hulp verskaf waar nodig.
    • Verdere riglyne

    Laai asseblief die volgende aansoekvorm af, vul dit in en dien dit in:

    1. ’n Aansoekvorm [2MB]
    2. Die volgende ondersteunende dokumente mou jou aansoekvorm vergesel:
      1. ’n Gewaarmerkte afskrif van jou paspoort.
      2. Gewaarmerkte afskrifte van alle akademiese afskrifte, insluitende die finale uitslae van alle kwalifikasies wat verwerf is.
      3. Gewaarmerkte afskrifte van alle sertifikate/diplomas/grade. (’n Evalueringsertifikaat soos deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-Owerheid (SAKO) uitgereik word, moet ingedien word indien jou vorige kwalifikasie in die buiteland verwerf is. Die evalueringsertifikaat kan verkry word deur die SAKO-webwerf www.saqa.org.za te besoek.)
      4. ’n Gedragsertifikaat soos deur die registrateur van die universiteit/kollege/technikon waar jy geregistreer was (of tans geregistreer is).
      5. ’n Bewyssertifikaat van vaardigheid in Engels:
      6. Voornemende studente van nie-Engelstalige lande moet ’n sertifikaat van vaardigheid in die Engelse taal ingee, óf die TOEFL-sertifikaat of uitslae van die Universiteit van Cambridge se internasionale taaltoetsstelsel. Studente wat hulle studie deur ’n Engels-mediuminstelling voltooi het voordat hulle hulle aansoek ingedien het, kan skriftelik vir vrystelling van die TOEFL-toets aansoek doen. Kry die TOEFL-toets hier: http://www.ets.org.toefl/.
      7. Bewys van betaling van die aansoekgeld (nieterugbetaalbaar) van R550 vir internasionale studente\
      8. Bankbesonderhede:
    • Rekeningnaam: NWU Online Registrations        
    • Bank: ABSA
    • Rekeningnommer: 4091691369         
    • Takkode: 632-005
    • Verwysingsnommer:
      • NWU-studentenommer/universiteitsnommer OF
      • A + geboortedatum en van, byvoorbeeld A840123Jacobs

[/Accordion]